Vir Die Hartsgesprekke Waarvan Vroue Dikwels Wegskram
Toe ek in 2024 vyftig word, het ek besef daar is nie baie Afrikaanse of Engelse tydskrifte wat werklik spreek tot vroue soos ek nie. Dit is óf dieselfde ou blink pretensie óf inhoud wat jou spoed (probeer) breek met sedepreke en artikels met ‘n berispende trant.
MOXIE is gebore uit daardie gaping. Sy is 'n tydskrif waar regte vroue in SA die spilpunt is. Geen kompetisie met sogenaamde celebs nie, geen onrealistiese skoonheidstandaarde nie, net eerlike, innemende inhoud wat jou laat dink, lag en soms selfs bloos.
Ons pak onderwerpe aan wat saak maak, loopbaan, gesondheid, geld, verhoudings en alles tussenin, sonder onnodige fieterjasies. MOXIE is meestal in Afrikaans en Engels (Mengels) geskryf en is trots Suid-Afrikaans, met talentvolle plaaslike skrywers wat verstaan wat werklik tot ons spreek.
Soos alles in die lewe, is hierdie tydskrif nie vir ALMAL nie, en dit is presies hoe dit moet wees. Dit is vir my as redakteur belangrik dat wanneer jy van MOXIE hoor, dit moet wees van iemand vir wie jy BAIE omgee, want ons BRING natuurlik tyd saam met eende van dieselfde dam.
Die BESTE is: Elke uitgawe word so positief ontvang dat lesers nie kan wag vir die volgende nie! Met slegs ses uitgawes per jaar is MOXIE hier vir jou genot, want regte gesprekke, regte stories en egte raakpunte verdien meer as net 'n vinnige vlugtige blik.
MOXIE is vir ons, deur ons, want ouer word beteken net om dapperder te word.
MOXIE – trots, eg, pret! MOXIE is jou go-to-tydskrif vir die hartsgesprekke waarvan vroue dikwels wegskram.
Subscribe